Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Jonathan Ball

@ Sunday Times Books LIVE

Die Afrikaanse uitgawe van die eerste boek in Philip Kerr se Berlin Noir-reeks het pas die rakke getref

Hans-Nazi’s is ’n kragtoer. Bernie Günther is pure speur-plesier.” – Deon Meyer

“Slim, skerp, spannend en supersnaaks” – Karin Brynard

Berlyn, 1936. Hardebaard speurder Bernhard – “Bernie” – Günther word deur ’n miljoenêr-sakeman ingeroep om die moord op sy dogter en skoonseun op te los en waardevolle juwele wat tydens die inbraak gesteel is, te vind.

Gewoonlik is Günther op die spoor van vermiste persone, maar in dié onstuimige politieke klimaat betree hy ’n donker onderwêreld waar misdaad, korrupsie en onderhandelinge met Nazi-leiers aan die orde van die dag is. Sy soektog ontbloot ’n skandaal wat hoëkoppe soos Hermann Goering en Heinrich Himmler betrek …

Smerige nagklubs, smeulende filmsterre, oorvol lykshuise en onderonsies met die Gestapo lei uiteindelik tot ’n skokkende onthulling. Die roman speel af in Nazi-Duitsland – ’n milieu wat Kerr met vernuf skets.

Dié Afrikaanse uitgawe van March Violets is die eerste boek in Kerr se Berlin Noir-reeks, sy eerste Bernie Günther-trilogie. Vertalings van die volgende twee romans in die reeks, The Pale Criminal en A German Requiem, verskyn in 2019.

PHILIP KERR (1956–2018) was ’n Britse skrywer wat wêreldwyd bekendheid verwerf het vir sy speurverhale. Hy het in 1980 ’n meestersgraad in filosofie en die regte aan die Universiteit van Birmingham ontvang en het daarna meer as 30 boeke gepubliseer, waaronder veral historiese romans en misdaadfiksie. Sy Bernie Günther-romans speel af in Nazi-Duitsland. Hy is in Maart 2018 oorlede.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment