Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Jonathan Ball

@ Sunday Times Books LIVE

Michaela DePrince se Hope in a Ballet Shoe beskikbaar as kinderboek in drie Suid-Afrikaanse tale

“Ek loer deur die verhooggordyn en sien die entoesiastiese gehoor. Hulle wag vir die ballerina om te verskyn. Die musiek begin. My hart klop vinnig van al die opwinding en dan vlieg ek
op die verhoog. Die ballerina is ek!”

Michaela DePrince was ’n driejarige oorlogwesie in Sierra Leone toe sy op ’n dag ’n windverwaaide tydskrif optel met die foto van ’n glimlaggende ballerina op die voorblad. Daardie dag het haar obsessie met ballet begin. Sy het haarself daar en dan voorgeneem sy sou eendag ook so gelukkig soos die vrou op die foto wees.

Sy is kort daarna deur ’n Amerikaanse gesin aangeneem. Sy het egter nooit die foto van die ballerina vergeet nie. Toe haar nuwe ma bewus word van haar belangstelling in ballet het sy begin klasse neem.

Sedertdien het sy nog nooit ophou dans nie en vandag is sy ’n hoogs suksesvolle ballerina. ’n Storie wat enige jong meisie (of seun) sal inspireer om groot te droom.

Die boek is die geïllustreerde kinderboekuitgawe van DePrince se roerende memoir, Hope in a Ballet Shoe. Die kleurvolle illustrasies is deur Ella Okstad.

My Ballerina Droom is deesdae beskikbaar in beide Zoeloe – Iphupho lomdansi we-Bhaleyi – en isiXhosa, as AmaPhupha oMdanisi weBhaleyi

Michaela DePrince is in 1995 in die oorloggeteisterde Sierra Leone gebore. Na haar ouers se dood is sy na ’n weeshuis. Daar is sy in 1999 deur Elaine DePrince, ’n Amerikaanse skrywer en eienaar van ’n platemaatskappy, aangeneem. Michaela is vandag ’n professionele ballerina verbonde aan die Nederlandse Nasionale Ballet. Sy is in 2012 deur Joburg Ballet genooi om in ’n hoofrol in Suid-Afrika te kom dans. Sy was ook ’n hoofdanser by The Dance Theatre of Harlem in New York.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment