Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Jonathan Ball

@ Sunday Times Books LIVE

Hierdie leser het lanklaas ’n roman (’n soort metaroman) se uitdagings so geniet, skryf Joan Hambidge oor I am Pandarus

I am PandarusJoan Hambidge het onlangs Michiel Heyns se mees onlangse roman, I am Pandarus, vir Rapport resenseer.

In haar resensie bespreek Hambidge die literêre tegnieke en verwysings waarvan Heyns gebruik maak, die modelleser vir dié roman, en die kommentaar wat I am Pandarus op die sewe argetipiese intriges wat bestaan in die romankuns versus geluk/waarsêery lewer.

Lees ‘n uittreksel hier:

Michiel Heyns is bekend as vertaler én as romanskrywer: The Children’s Day, The Reluctant Passenger, The Typewriter’s Tale, Bodies Politic, Lost Ground, Invisible Furies en A Sportful Malice. Hy is al bekroon met die Sunday Times Literary Award in 2012 en die Herman Charles Bosman-prys vir Engelse fiksie in 2015.

Hierdie leser is gaande oor Heyns se romans, omdat hy altyd ‘n roman-probleem of literêr-politieke kwessie aanspreek. Dink maar aan sy The Typewriter’s Tale wat een van die mees aangrypende en oortuigende romans is oor die skrywer Henry James.

Hierdie roman begin in ‘n kroeg en handel oor die figuur Pandarus, ‘n karakter wat opduik in die tekste van Boccacio, Chaucer en Shakespeare, onder andere. In die OED verwys die woord pander ook na wellus. Pandarus self verwys na homself as ‘n konstruk, ‘n hibried. Is hy ‘n blote slagoffer van die verskillende skrywers (wat van mekaar “gesteel” het), of is hy ‘n semantiese ongeluk? Wat is dus sy essensie en wat is bloot toevallig? (p. 8-9). Heyns se roman bring die gesiene Shakespeare-kenner, Marjorie Garber se Vested Interests – Cross Dressing and Cultural Anxiety (1997) na vore. Mans in Shakespeare se tyd wat vrouerolle moes vertolk en die betekenis van die drag queen in ons tyd.

Die roman gebruik dieselfde tegnieke as wat Umberto Eco in Baudolino (2002) aangewend het. Dit speel af in die 12e eeu en Eco se roman gebruik Latyn en Middeleeuse Italiaans en ander tale. Eco het sowel werklike as fiksionele karakters in sy verhaal soos Gavagai (‘n verwysing na die filosoof Quine se karakter), Deacon John, die heerser van Pndapetzim en etlike historiese figure soos Frederick Barbarossa, Pous Alexander III, Stephen Hagiochristophorites, e.a.

As semiotikus, in sy studie The role of the reader (1980), verwys Eco na beginsels soos narkotiseer of opblaas in die leesaksie. Op jou sogenaamde “inferential walks”, lees jy die storie dus op twee vlakke: as werklikheid sowel as fantasie. Die jong Baudolino met sy verstommende kennis van taal word na Parys gestuur om verder te studeer. Kruistogte én ‘n spel tussen fiksie en werklikheid dryf die verhaal voort wat eweneens rondom die Gnostiek wentel. Politieke onrus en Keiser Frederick se pogings om die Noordelike Italië se onafhanklikheid te tem, word afgespeel teen ‘n fantasie-wêreld en mites. Baudolino ontmoet eunugs en eenhorings op sy reis.

‘n Soort speurverhaal dus, soos Die naam van die roos / Il nome della rosa (1980).

Wie is die modelleser vir Heyns se roman?

‘n Leser wat die hervertelling raaksien van Troilus en Chriseyde tydens die Trojaanse oorlog. Pandarus word vermeld in die Iliad, en speel as karakter verskillende, toenemend groter rolle by Boccacio, Chaucer en uiteindelik Shakespeare se Troilus and Cressida. In sy nawoord beklemtoon Heyns dat lesers ‘n outentieke representasie verwag. Uiteraard is ‘n roman egter fiksie en kan die skrywer sekere aanpassings maak.

Lees die volledige resensie hier.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment