Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Jonathan Ball

@ Sunday Times Books LIVE

Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense skram nie weg van die paradoksale in Smuts nie

Jan Smuts

Jan Christiaan Smuts was ’n soldaat, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar ’n leierskapsvakuum.

Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense dien as herinnering van die merkwaardige bereikings van hierdie indrukwekkende soldaat-staatsman vir die moderne leser. Die skrywer voer aan dat dit noodsaaklik is om Smuts in die hede te betrek; dat daar nog baie te leer is van Smuts se nalatenskap.

Strydom trek verskeie parallelle tussen Smuts en Thabo Mbeki, beide intellektuele figure wat in die buiteland vereer word, maar gereeld plaaslik met wantroue ontmoet word.

Die hoogs leesbare verslag ondersoek onder meer Smuts se rol as politieke leier, as adviseur van wêreldleiers, sy spirituele en intellektuele lewe en sy verhoudings met vroue. Sy unieke bydraes op ʼn verskeidenheid ander terreine, insluitend botanie, bewaring en filosofie, word ook bespreek.

Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense skram egter nie weg van die paradoksale in Smuts nie. Hoewel hy een van die argitekte van die Verenigde Nasies en ʼn groot kampvegter vir menseregte was, kon hy nie so ver kom om die plaaslike swart meerderheid politieke regte te gun nie.

Book details

Afrikander Sonder Grense is ook beskikbaar as ‘n eBOEK.

 

Please register or log in to comment