“Mense moet besef mensehandel gebeur nie net oorsee nie, maar daagliks in Suid-Afrika” – Elanie Kruger
Jaco Hough-Coetzee vertel in Van Skoolbank tot Bordeelbed die aangrypende en skokkende storie van ‘n jong meisie se lewe as seksslaaf.
“Brutaal eerlik. ’n Boek wat gelees moet word. Ons durf nie meer ons koppe wegdraai van hierdie en ander soort vergrype nie.” Só skryf Anchien Troskie – skrywer van die blitsverkoper Dis ek, Anna – oor hierdie spanningsroman wat tagtig persent gegrond is op Elanie Kruger se eie lewensverhaal.
Phyllis Green het met Kruger gesels oor haar lewensreis. Sy vertel waarom sy hierdie boek wou skryf, hoe sy uit die bordeel bevry is en hoe sy die lewe in die oë gekyk het na die hel wat sy daar beleef het. Hough-Coetzee deel ook vlugtig hoe hy te werk gegaan het om die verhaal op ‘n waardige manier te dramatiseer om ‘n roman te skep.
Lees die artikel:
Waarom wou jy die boek skryf?
Mense moet besef mensehandel gebeur nie net oorsee nie, maar daagliks in Suid-Afrika reg om ons; dit het meer as 18 jaar gelede met my gebeur en dis nog steeds aan die gang. Elke ses ure word ’n kind vermis in Suid-Afrika en mensehandel het ’n aandeel daaraan. Jare gelede wanneer ’n kind vermis is, was dit hoofopskrifte, nuusberigte, en op melkkartonnetjies. Vandag hoor ons net nie meer daarvan nie, en wat doen jy as ouer as jou kind vermis word, waarheen gaan jy? Wie skakel jy? Wat doen jy? Dis belangrik dat ouers en kinders besef wat mensehandel is en hoe groot dit in Suid-Afrika is.
Van Skoolbank tot Bordeelbed is pas in Engels gepubliseer as From Playground to Prostitute.
Boekbesonderhede
- Van Skoolbank tot Bordeelbed deur Jaco Hough-Coetzee en Elanie Kruger
Boek se tuisblad
EAN: 9780908387526
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- From Playground to Prostitute deur Jaco Hough-Coetzee en Elanie Kruger
Boek se tuisblad
EAN: 9781928248019
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment