Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Jonathan Ball

@ Books LIVE

Adriaan Basson beantwoord die Proust-vraelys oor die dood, geluk en sy gunsteling-persone

Zuma Exposed In Zuma Exposed ontbloot die bekroonde joernalis Adriaan Basson die feite rondom Jacob Zuma se presidentskap. In sy Proust-onderhoud, wat onlangs in Die Burger verskyn het, ontbloot die verslaggewer meer oor homself, insluitende die aktiwiteite waarmee hy sy tyd verwyl en die dinge waaroor hy spyt is.

Basson noem dat hy nie “rassiste, seksiste, homofobe, korruptes en mense wat altyd die laaste sê wil hê” kan verduur nie en glo die diepste put van ellende word gevind wanneer dit die skeidsregter se skuld is as die Springbokke verloor.

Wat behels aardse geluk?

’n Karootjoppie op die vuur saam met my pragtige vrou, ’n goeie bordeaux-blend en goeie vriende.

Wat is die diepste put van ellende?

As die Springbokke verloor en dis die ref se skuld.

Wat is jou mees kenmerkende eienskap?

Ek praat baie; soms te veel. Ek het hard geleer om te luister en dink ek kry dit meestal goed reg. Ek is mal oor mense!

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment