Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Jonathan Ball

@ Books LIVE

Adriaan Basson oor Nkandla, die foto-debakel en wat volgende gaan gebeur

Zuma Exposed Adriaan Basson, skrywer van Zuma Exposed en redakteur van Beeld, het ‘n rubriek geskryf waarin hy die drama rondom Nkandla bespreek en sy mening oor die Nkandla-foto-debakel deel.

Basson maan dat Suid-Afrikaners “moet maar ons sitplekgordels aanhou in die volgende paar maande”. Hy noem dat adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer verantwoordelik vir die Nkandla-verslag, beplan “om haar voorlopige verslag middel-Desember aan Zuma en die klaer (die DA se Lindiwe Mazibuko) te wys”, wat volgens Basson selfs nog meer drama sal veroorsaak.

Lees die rubriek:

Nkandla!

Daar was darem lanklaas iets wat Suid-Afrikaners so saamgesnoer het soos die woede oor die president se opgegradeerde landgoed in die heuwels van Zoeloeland.

Ek is die laaste paar dae gevra om kommentaar oor die media se besluit om die foto van sy landgoed te publiseer uit protes teen pogings van pres. Jacob Zuma se binnekring om ons te sensor.

Uit al die radio- en TV onderhoude wat ek toegestaan het, was daar net een man wat Nkandla so half-half probeer verdedig het. Die ander 20 inbellers – die meeste van hulle swart – is woedend vir Zuma.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment