Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Jonathan Ball

@ Books LIVE

“Ek het vyf jaar lank daaraan geskryf”: Emma Brockes oor She Left Me the Gun

She Left Me the GunAmerikaanse joernalis Emma Brockes het haar Suid-Afrikaanse ma se hartseer lewe nagespeur vir die memoire She Left Me the Gun. Kayang Gagiano het namens Rapport met dié skrywer gesels. Volgens Brockes was haar ma “’n bietjie soos ’n karakter in ’n klug”.

Emma Brockes se memoire, She Left Me the Gun – My Mother’s Life Before Me, is ’n werklik aangrypende, merkwaardig onsentimentele verhaal, propvol skerpsinnighede en opregte warmte.

Daarin roep Brockes – ’n veteraan-joernalis (met gereelde bydraes vir The Guardian en The New York Times en wat al onderhoude gevoer het met glansmense, politici en intellektueles soos Ariel Sharon, David Hasselhoff, Kim Kardashian en Noam Chomsky) – evokatiewe herinneringe op van haar Suid-Afrikaans gebore oorlede ma, Paula. Sy vertel dan ook ten dele haar ma se lewensverhaal.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment