Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Jonathan Ball

@ Books LIVE

Lewis Pugh gesels met Phyllis Green oor 21 Yaks and a Speedo en deel lesse uit sy lewe

21 Yaks and a SpeedoLewis Pugh bewyer hom reeds jare lank om meer bewustheid te skep oor die effek van aardverwarming op ons omgewing. In sy nuwe boek, 21 Yaks and a Speedo: How to achieve your impossible, deel Pugh die lewenslesse wat hy tydens sy vele ekspedisies geleer het.

Phyllis Green van SARIE het ‘n onderhoud met dié wafferse aktivis gevoer. Hulle het onder meer gesels oor sy boek, waarom hy in ’n speedo rondswem en oor sy kinderdae.

Moenie dink hy hou daarvan om in koue water te swem met net ‘n speedo aan nie. Hy doen dit omdat hy glo in die saak waarvoor hy dit doen.

Dis Lewis Pugh se woorde waarmee hy groet toe hy soos ’n regte gentleman saamstap hek toe ná ons onderhoud oor sy boek 21 Yaks and A Speedo (Jonathan Ball, R200). Hy is die eerste mens wat in elke oseaan van die wêreld geswem het: deur die ysige waters van die Noordpool om aandag te vestig op die vernietiging van dié omgewing, oor ‘n ysmeer op Everest om aandag te vestig op hoe klimaatsverandering ook hier sy tol eis. So kies hy elke plek waar hy swem juis omdat dit bedreig word deur die een of ander ramp. Dís waarom hy doen wat hy doen, dat wêreldleiers en gewone mense moet besef hoe ons die omgewing met ons leefstyl vernietig. In dié boek deel hy die lewenslesse wat hy geleer het uit al die swem-ekspedisies wat hy en sy span al onderneem het. Hy hoop om mense te inspireer om hul drome na te jaag en om die boodskap oor te dra dat daar baie min dinge is wat onmoontlik is om te bereik. Hierdie boek gaan langs my bed lê vir weer en weer lees, want uit dié waardevolle lesse leer ek elke keer iets nuut.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment