Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Jonathan Ball

@ Books LIVE

Theo Vorster moet vir hom ’n iPhone 5 kry, meen tegnologiekenner

Sakegesprek met Theo VorsterMyTyd het vroeër die maand by vier Suid-Afrikaners uitgevind watter tegnologie ’n rol in hulle lewens speel. Emo Adams, Suzann Prinsloo en Mischa Blecher het saam met sakekenner Theo Vorster vertel hoe hul daaglikse program lyk en watter tegnologie hulle deur die dag gebruik.

Vorster, wie se Sakegesprek met Theo Vorster pas by Jonathan Ball verskyn het, vertel dat hy gereeld e-posse lees en bedrywig is op Twitter. Tegnologiekenner Neil Gardiner beveel aan dat Vorster vir hom ’n iPhone 5 aanskaf om die korporatiewe wêreld aan te durf.

“Tegnologie maak dinge vir ons moontlik wat 10 jaar gelede ondenkbaar was,” sê die aanbieder van Sakegesprek op kykNET en uitvoerende hoof van Galileo Capital, ’n finansiële diensverskaffer. Theo raak liries oor wat tegnologiese ontwikkeling vir sy bedryf beteken het. “Van die grootste waarde in my veld is die feit dat ’n mens deesdae met ’n rekenaar presies kan vasstel hoe ’n spesifieke kliënt oor risiko voel en dan ’n nommerpasplan saamstel met beleggings wat daardie persoon se profiel in ag neem.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment