Adriaan Basson gesels met André le Roux oor Zuma Exposed (Plus: Video)
Adriaan Bassons se Zuma Exposed is reeds ’n topverkoper. In dié onderhoud met Die Burger se André le Roux gesels Basson oor Afrikaners se houding teenoor jeens, en hoe hy sy bronne hanteer:
“Ek raak soms vies as ek hoor van Afrikaners wat hulself aan die samelewing en aan die debatte in die land onttrek. Ons is net soveel deel van dié land soos enigiemand anders, ten spyte van ons jammer verlede.”
En Adriaan Basson hou hom besig met Suid-Afrika se grootste vraagstuk – Jacob Zuma. Sy jongste boek, Zuma Exposed, vlieg tans van die rak.
Saam met oud-redakteur van Die Burger, Henry Jeffreys, het Basson ook op Freek Robinson se kykNET-program Robinson Regtsreeks oor die naderende ANC Mangaung-konferensie gesels:
- Laai dit nie? Kyk op kykNET.
Boekbesonderhede
- Zuma Exposed deur Adriaan Basson
Boek se tuisblad
EAN: 9781868425389
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!













Please register or log in to comment