Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Jonathan Ball

@ Books LIVE

Etienne Britz gebruik ‘n krieketmetafoor om JM Coetzee: ‘n Geskryfde lewe te bekyk

JM Coetzee: \'n Geskryfde leweJM Coetzee was nog altyd baie lief vir krieket, ‘n sport wat, volgens hom, die uitdagings waarmee die individu in die lewe gekonfronteer word, demonstreer.

In JM Coetzee: ‘n Geskryfde lewe wys JC Kannemeyer, volgens Etienne Britz, juis die verskillende krieketballe wat Coetzee probeer uitboul het in sy lewe, byvoorbeeld die gesukkel om sy eerste roman, Dusklands, gepubliseer te kry, sy moeilike kinderjare, die kankerdood van sy voormalige vrou Philippa, sy dogter Gisela se swak gesondheid en die vroeë dood van sy seun Nicolas.

Britz skryf in ‘n artikel in Die Burger dat Coetzee hierdie balle met sy “geniale intellek en sy meesterlike vaardigheid in die Engelse taal” afweer.

J.C. Kannemeyer het sy biografie van J.M. Coetzee net-net betyds voltooi, voordat die dood ’n streep onder sy werk kon trek. Sowat 30 jaar vantevore het sy destydse uitgewer Koos Human, moontlik oorstroom deur Kannemeyer se onbedwingbare vlyt, sy ou vriend glo gewaarsku om ’n blaaskans te neem – anders sou hy hom doodwerk. Kannemeyer het geantwoord: “Niemand is nog ooit dood omdat hy hard gewerk het nie.”

Het Human se waarskuwing uiteindelik in vervulling gegaan? Of het Kannemeyer juis vanweë sy blaaskans ná die jongste Herkulestaak gesterf? Sommige mense val inderdaad dood neer juis wanneer hulle ná jare van groot inspanning skielik mag ontspan. Die lewe is nie regverdig nie. Ek het gevolglik met groot hartseer gelees aan die pragtige biografie wat Kannemeyer ter twaalfder ure voltooi het, maar nooit gepubliseer sou sien nie.

Book details

 

Please register or log in to comment