Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Jonathan Ball

@ Sunday Times Books LIVE

Wines of South Africa stel Braaikonings van die Kaapse Wynlande bekend

Braaikonings van die Kaapse WynlandeBraaikonings van die Kaapse Wynlande vier die beste Suid-Afrikaanse gasvryheid.

Hierdie inspirerende maar maklike braai resepte van plaaslike persoonlikhede in die Kaapse Wynlande word gekomplimenteer deur wyne wat deur deskundiges voorgestel word. Hierdie mans en vroue, wat net so vaardig is by die braaivleisvuur as in die wynkelder, deel hulle geheime resepte en braai wenke vir die sappigste, geurigste geregte.

Geniet Jan “Boland” Coetzee se lamsribstuk saam met elegante Pinot Noir. Smul heerlik aan Schalk Burger Sr. se gebraaide Kaapse wildevark saam met ‘n Pinotage-gebaseerde rooiwyn of Paul Cluver Jr. se “can-can”-hoender in die Weber en ‘n glas verfrissende Chardonnay. Dan praat ons nie eers van die gemsbok filet wat in jou mond smelt met ‘n glas volronde Shiraz nie. Waag jou hand aan Elma Bruwer se klassieke boerewors resep vir ‘n sappige treffer by jou volgende braai. Of wat van snoek wat oor warm kole gerook is, kreef op strand gebraai of ‘n waterblommetjie potjie wat in ‘n tradisionele giet ysterpot prut-saam met al die wenke wat noodsaaklik is vir ‘n koninklike maaltyd?

Met baie idees vir opwindende slaaie en bykosse, brood, kaasborde, heelvrugtekonfyt en nageregte, sal hierdie versameling buitengewone resepte sekerlik inspirasie bied vir die beste braai ooit!

Braaikonings van die Kaapse Wynlande is ook beskikbaar in Engels as Braai Masters of the Cape Winelands.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment