Rian Malan en Pik Botha praat saam oor Angola, die weermag, die ANC en meer
Vroeër jare sou menigte mense heel waarskynlik twee keer gekyk het as hulle Pik Botha en Rian Malan saam sien rook het. Wie weet, miskien selfs vandag nog. Die twee was nou nie juis aan die selfde kant gewees tydens die Apartheidsjare nie. En tog, hier staan hulle en “reminice” langs die Muur van Herinnering.
Kirby van der Merwe het saam gekuier terwyl die twee teruggedink het oor daai jare en, verbasend tot dieselfde gevolgtrekkings gekom het oor baie wat gebeur het. Wys jou net – in retrospeksie kan dinge baie anders lyk. Lees meer oor hoe Rian destyds oor die Angola oorlog, kommunisme en die ANC gevoel het in My Traitor’s Heart. Sy nuutste boek is Resident Alien.
Pik Botha en Rian Malan was in die ou bedeling nie juis aan dieselfde kant van die politieke muur nie. Kirby van der Merwe het hulle gevat na mure wat in die nuwe Suid-Afrika al vir omstredenheid gesorg het.
Rian Malan is bekommerd oor sy lang hare. Oor wat sy ma in die aftree-oord in Parys in die Vrystaat daarvan gaan dink as hy soos ’n takhaar in die koerant verskyn. “Ek moet die goed laat sny,” sê hy terwyl hy die slierte met sy vingers kam.
Boekbesonderhede
- Resident Alien deur Rian Malan
Boektuisblad
EAN: 9781868423569
Find this book with BOOK Finder!
Scribd.com boekuittreksel:
- Laai dit nie? Kyk daarna in die Little White Bakkie eboekwinkel
- My Traitor’s Heart deur Rian Malan
EAN: 9780099749004
Find this book with BOOK Finder!
Foto te dank aan Die Burger